Time: 24 Februarie 2012 om 15:00 tot 26 Februarie 2012 om 15:00
Plek: Bayete Adventures
Event Type: kamp
Georganiseer deur: NG Tygerpoort - Riana de Wet
Nuutste Aktiwiteit: 26 Jan
Export to Outlook or iCal (.ics)
Is jy in die senior kategese en lus vir avontuur? Dan is hierdie kamp net vir jou! Die naweek van 24-26 Februarie kamp ons by Bayete Adventures teen R400 per persoon en gesels saam oorPractice what you preach.
Ons vertrek Vrydag 15:00 vanaf die kerk en behoort Sondag 14:00 weer terug te wees by die kerk.
So tussen die avontuur, swem, kuier, eet, ontspan en sing, praat ons ook saam met die leiers en leer by mekaar en leer mekaar sommer beter ken ook. Jy moet definitief jou swemklere inpak asook gemaklike klere vir avontuur. Verder het jy jou Bybel, skryfgoed, muskietgoed, snoepiegeld en 'n flits nodig.
Daar is nie goeie selfoonopvangs nie.
Die sluitingsdatum is 17 Februarie 2012, so skud op, skryf in en betaal jou gelde by die kerkkantoor of jou kategeet in.
Welkom by
NG Tygerpoort
© 2012 Created by NG Tygerpoort.
Powered by
RSVP vir 24-26 Februarie 2012 om te kan saamgesels!
Join NG Tygerpoort