LIGA WENNERS 2011
CHARL EN ULRICH
Ons het pas 'n splinternuwe volleyball-baan by ons kerk voltooi en nooi julle graag om saam te kom speel in die Pretoria-Oosliga. Die doel van die liga is om sommer bietjie die mense van Pretoria-Oos bymekaar te kry en mekaar beter te leer ken maar ook terselfdertyd te kompeteer vir die titel van volleyball kampioene in die ooste van Pretoria!
Ons beplanning is dan om die gemeentes in die ooste van Pretoria uit te nooi om deel te word van die liga en ons wil graag hê julle moet ons join!!
'n Dag op die Volleyball-baan verloop so:
Dit vind by Tygerpoort Kerk, Shere, Pretoria-Oos plaas (Kyk www.ngtyger.com vir aanwysings)
Inskrywing: R80 per span (R20 per persoon), jy kan online inskryf by: www.ngtyger.com/pages/span-inskrywings of daai dag vanaf 8:30 by baan.
Aantal mense: 3-4 per span, gemengde spanne (mans / vrouens) welkom
Pryse: Kontantpryse, kampioen-Bibs, Gert Roux Wisseltrofee, Spanfoto en meeste van als “streetcredit”
Ander: Daar gaan braaiers beskikbaar wees en musiek, so bring sommer jou pêlle en kom geniet die dag langs die volleyball-baan. Daar is walle vir toeskouers of alternatiewelik kan jy ‘n kampstoel saambring. (Die idee is om almal sommer daar saam te kuier en mekaar te leer ken)
TYGERPOORT LIGA
Senior > 18 (3-4 spelers per span)
A Liga – 5 Spanne
B Liga – 5 Span
C Liga – 5 Spanne
D Liga – 5 Spanne
Junior < 18 (3-4 spelers per span)
A Liga – 5 Spanne
B Liga – 5 Spanne
C Liga – 5 Spanne
D Liga – 5 Spanne
Groot Liga dag:
Normale Liga:
Welkom by
NG Tygerpoort
© 2012 Created by NG Tygerpoort.
Powered by
.