Gedurende die SKOOLKWARTAAL lyk die program so:
08:00 Erediens (formeel met orrelbegeleiding)
Voorsiening word gemaak vir voorskoolse kinders by die kleuterkerk
09:00 Kategese (gr 1 - gr 6)
10:00 Erediens (informeel met orkesbegeleiding)
Voorsiening word gemaak vir voorskoolse kinders by die kleuterkerk
17:00 Kategese (gr 7 - 11)
17:30 enRoute - 'n aanddiens met 'n verskil
17:45 Diens in die kapel
**********
LANGNAWEKE slegs een erediens om 09:00.
APRIL en OKTOBER-skoolvakansie vind eredienste om 09:00 en 17:30 plaas.
JULIE-skoolvakansie is die erediens slegs om 09:00
**********
Ons weeklikse program word elke Sondag by die eredienste beskikbaar gestel.
Ons bevorder eenheid in ons gemeente:
Die aanddienste in die kerkgebou word gewoonlik deur dr Zander van der Westhuizen waargeneem.
Die belangrikste elemente van die eredienste, en waarvoor daar op ‘n weeklikse basis deur al die betrokkenes beplan word, is die volgende:
Die kwartaaltemas word oor ‘n tydperk van ses weke aangespreek.
Die res van die kwartaal word gebruik om aan projekte, bedieninge en aktuele sake aandag te gee.
Die doop word een maal per maand bedien en die nagmaal vier maal
per jaar in die kerkgebou.
By die 08:00-erediens word orrelbegeleiding gebruik en daar word
oorwegend liedere uit die liedboek gesing. By die 10:00-erediens word van orkesbegeleiding gebruik gemaak en liedere uit die liedboek sowel as ander kontemporêre liedere word gesing. By die 18:30-erediens in die kerkgebou is daar orkesbegeleiding en word merendeels kontemporêre liedere gesing asook gepaste liedere uit die liedboek.
Daar is ‘n span jongmense wat verantwoordelikheid neem vir die
klank en beeld tydens die eredienste.
Tydens beide oggenddienste word voorsiening gemaak vir voorskoolse
kinders deur van ‘n aantal karaktertjies gebruik te maak. Die temas wat
behandel word, sluit by die prediking van die dag aan.
Daar is ‘n span lidmate wat erediensgangers by die deure verwelkom. Daar word ook na elke erediens tee en koffie in die saal bedien.
Die erediens word ook as kommunikasiegeleentheid benut. Dit geskied veral deur verbale kommunikasie, maar ook geskrewe (d.m.v. die
inligtingsblad) en elektronies (d.m.v. skyfies en videomateriaal).
Welkom by
NG Tygerpoort
© 2012 Created by NG Tygerpoort.
Powered by
.