“Dink jy hy het die Here geken?” vra Ingrid my.
Pierre was eenvoudig. Alleen. Eensaam. Agtien jaar het ek hom behandel.
Laasweek vertel hy dat hy graag in die Brooklynsentrum kuier. “Aaa, Brooklyn, Ciao, ons gunsteling wegkruipplek Sondagaande”, het ek gesê.
Ek kon die hunkering in sy oë sien, maar Sondagaand het ek die stemmetjie stil gemaak.
Dit is só lekker. Romanties. Net ons twee, alleen, met ons glasies Pinot Noir.
Die stem oor die foon het gesê daar was net sewe name op Pierre se foon.
“Ek weet nie of hy die Here geken het nie, maar ek het vir ewig ‘n geleentheid om die Here vir hom ‘n lewendige werklikheid te maak, laat verbygaan. Deur so jaloers op ons tyd te wees.”
Welkom by
NG Tygerpoort
© 2012 Created by NG Tygerpoort.
Powered by
Jy moet 'n lid wees van NG Tygerpoort om kommentaar te lewer!
Join NG Tygerpoort